Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

blss. 4—5). Dit is veral omdat van Ginneken op die eensydige teënstellende aspek gelet het, dat hy die ontkenning tot 'n primitiewe teenstandsgevoel wou herlei — 'n verklaring wat op moeilikhede stuit.

Ontkenning met nie in Afrikaans beskryf: a. Vandag.

Met hierdie indeling in gedagte kan vereers op die teenswoordige Afrikaanse gebruik kortliks gelet word, om later 'n vergelyking met vroeëre toestande te maak, en om sodoende die moontlike ontwikkekngsneiginge na te speur.

Die eerste deeglike oorsig van die gebruik word deur prof. D. F. Malherbe in sy Afrikaanse Taalboek (eerste uit ga we in 1917. Ek haal uit die sesde druk aan, Bloemfontein, 1923) gegee. Waar hy probeer „om enigsins tegemoet te kom aan diegene ... wat onder die beoefening van ons taal daagliks die behoefte aan 'n praktiese handleiding voel" (bis. 3), het hy by die behandeling van die verdubbele ontkenning telkens teen „verkeerdelike" gebruik gewaarsku. „Hierdie woordjies", sê hy, „het gewoonlik 'n vaste posisie, hoewel nie juis altyd nie, en hulle korrekte aanwending gee menigeen hoofdbrekings by die skrywe, waar hy in die gewone omgang instinkmatig sy pad vind..." (bis. 102). Hier word bewus 'n poging tot normalisering aangewend, in ooreenstemming met die meesalgemene spreekneiging. Die uitspraak hier gevel is sedertdien taamlik getrou deur die navolgers be-aam. Geskrewe Afrikaans wek sedertdien inderdaad die indruk van uniformiteit op hierdie gebied — al is daar herhaaldelik nog uitdraai-voetpaadjies weg van die geproklameerde pad af op te merk. Juis omdat die afwykinge alleen op 'n paar minder-belangrike punte te konstateer was, kon die algemene rigting sonder veel uitwendige gesagsverordening aangegee word — en gevolg word. Ons gee die vernaamste reëls hier aan:

A. Me verskyn enkelvoudig, maar nie ter afsluiting van 'n negatiewe eenheid nie:

1. By samestellinge waarvan die eerste lid 'n nie- is: / „Nie-lede

Sluiten