Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

minste wetenskaplike waarde aan so'n berekening te wil heg, maat ter wille van groter duidelikheid, sou ek wil beweer dat uit elke honderd gevalle van volledige nie-ontkenninge in Afrikaans, tenminste 90 in die dubbelvoudige vorm soos in die C-klas sal staan.

As daar invloed van die klas op die ander te verwagte is, d.i. waar dit moontlik is, kan dit nouliks anders wees as dat dit van ons C-klas moet kom.

By 'n waardering van die so-gewone tweevoudige ontkenning stel ons vas dat hierdie gebruik soms lastig kan wees (Klas E.) Die spreker of skrywer weet dan nie presies wat om met niè2 aan te vang nie. Vergelyk die poginge om 'n kompromis te bewerkstellig, in die volgende aanhalinge wat prof. Malherbe siteer: / Die kerk kan nie ontken nie, dat daar onder die onkerkse jongkerels 'n groot aantal is wat met hart en siel veg vir die behoud van ons volk en taal / ... Met die oog op hierdie paar feite betreffende die lewe van die Koloniste, sal die leser besef dat hul nie dom, onbeskaafde mense was nie, soos dikwels voorgegee word, maar ... / Dit was dus nie wonderlik dat onder dié gesaménlike invloed, hy die grootste oorwinning van die mens behaal het nie — die om homself te beheers, (bis. 107) //. Maar dan, hierdie voorbeelde behoort tot die unV sonderinge, of by slegte stiliste.

In moderne Afrikaans verrig die afsluitings-nie 'n allernuttigste werk. Dit het nie eerstelik 'n duidelike semantiese funksie nie, daarom ook kan nie2 nouliks in die eerste plek as 'n versterking van die ontkennende gedagte beskou word. Insover as die terme nie noodsaaklik oorlap nie, mag 'n mens die rol van nie2 voorlopig as 'n psigologiese afrondingsmiddel van die negasiegroep bestempel. Die gevoel dat wat die ontkenningseenheid uitmaak, nou af is, vind sy uiting daarin dat die nie-partikel nogeens opklink aan dié slot. Dit is asof die negasiepartikel, wat vroeër in sy voller, of in sy enklitiese vorm gebesig is, terughal wanneer die negasie-deel uitgespreek is. Daardeur word die negeerde groep as 'n organiese eenheid afgebaken teenoor die res van die sin, waarvan dit sintakties 'n deel vorm. Die afsluitings-nie word gevolglik in die twee- (meer- )voudige ontkenningswyse sag-weghallend uitgespreek, nie hard met vol- of newetoon nie, maar met 'n onbetoonde krag.'

Sluiten