Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

veronderstel. Nogeens geld die strekking van hierdie opmerking ten opsigte van onderwerps- en voorwerpsbepalinge by die werkwoord. Vergelyk / Ek sal nie saamgaan nie — Ek sal vandag nie met my vriend van Tonder saamgaan nie //.

Dit lê dus in die aard van die saak dat, al is die gevalle van die spesiale ontkenningstipes by nie-modale bywoordelike en by onderwerps- of voorwerpsbepalinge numeriek verreweg die belangrikste in tweevoudig-ontkennende sinne in vergelyking met die nexale tipe, die werkwoord wat die sin in al sy dele so oorheers, die spesiale ontkenningstipes nexaal gaan kleur. Die graad van kleuring hang van die omstandighede af. Dit is teoreties te verwag dat dit veel sterker by die adverbiale dan by voorwerpsbepalinge gaan wees, dus dat die bywoordelike bepalinge makliker die ontkenning die aanskyn van 'n nexale karakter sal gee. As daar verder 'n seker onvasheid uit ander omstandighede voortvloei, versterk dit juis die oorheersing van die werkwoord. Gestel die voorbeeldsin hierbo word uitgedruk as 'n rustige meedeling, sonder bepaalde benadrukking van die temporale adverbium of van die voorwerpsbepaling: / Ek sal vandag nie met my vriend van Tonder saamgaan nie // Daar is dus twee bepalinge wat spesiaal kan negeer word (vandag en met my v.v. T.). Watter een word negeer? As die ontkenning hom egter, soos dit ook die geval is, oor albei kan uitbrei, wat hier natuurlik ook deur die ww. oorheers word, kan dit net tot 'n versterking van die nexale lei, waarin die (sprei)ontkenning ook betrek word. Die tendens van die (hoof) werkwoord om die ontkenning na hom toe aan te trek, is dus uit die aard van die saak algemeen. Dit gee in seker kontrasgevalle waar ons t.o.v. die hoofwerkwoord 'n spesiale ontkenning het, maar nou deur die aantrekking iets wat op 'n nexale negasie lyk, of dit is, aanleiding tot eienaardige verwarring. Vergelyk: / Ons is nie hier om jou te veroordeel nie, maar te help, vir: Ons is hier, nie ... /Ek het nie gesê dat jy 'n harde werker is nie, maar dat jy 'n eerlike man is, vir ... maar ek het gesê, dat ... // Die Afrikaanse móenie (moet ... nie) is 'n treffende voorbeeld, soos die n't-vorme in Engels, ens. Die tweestryd vind nog mooi 'n uiting in gevalle soos „we didn't meet anybody" in die volkstaal, teenoor die meer beskaafde „we met

Sluiten