Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

nobody" in die literatuur- en kunstaal (Vgl. ook Jespersen, Negation bis. 56, e.v.) Trouens, die hele ontwikkelingsgeskiedenis van do-not — did-not is hiervan 'n illustrasie. In die omgang hoor 'n mens dikwels uidatings soos: / Hy kan-nie blykbaar tot 'n besluit kom nie / Hy wil-nie miskien in die moeilikheid land nie // waar die hulpww. nier aangetrek het sodat die modale bywoord nou meer na agtertoe te staan kom. Dit is asof daar 'n nuwe ontkenningsformule groei: moenie wilnie (vali), kannie, sal-nie (sali) het-nie, e.d. (Vgl. ook: Negation, bis. 48, e.v.) Gewoon is reeds: / Ek het nie die perd opgesaal nie / Hy het nie vir my gesien nie //.

Hierdie gevalle is bewyskragtig genoeg hoe die werwoord, die eintlike draer van de nexus, die spesiale ontkenning 'n sekere en hoer waarde gee wat dit aanvanklik in die bepaalde verband nie gehad het nie, dus dat die ontkenningsgedagte hom verder oor die sin verbreed, selfs oor die hele sin. Hier wil ek ten slotte op 'n allerbelangrikste faktor van sintaktiese aard wys, wat in die verband in Afrikaans aanvanklik louter toevallig kon gewees het, maar wat met die oog op die verspreiding van die ontkenningsgevoel oor die hele sin waartoe die spesiale ontkenning behoort, besonder gewigtig kon word. Ek bedoel die posisie van die werkwoord in die sin.

In bysinne met positiewe steeldung, beklee die werkwoord in die reël die laaste plek. So vas is die posisie dat onderwysers hulle skoliere in die les van sinsondeding dikwels hierdie bloot uitwendige faktor aanwys om uit te maak of hulle met 'n bysin te doen het of nie. As 'n werkwoord in so'n geval samegestel is, kom hulp- en hoofwerkwoorde van die bysin daar op 'n hoop bymekaar. — In die positiewe hoofsin staan die verbum finitum ook op die einde as die samegestel is, terwyl die hulpwerkwoord die plek van die enkelvoudige verbum finitum van die hoofsin betrek. In al die gevalle is aan stellende sinne gedink. Wanneer daar 'n geval van inversio is, geld die opmerkinge aangaande die slotposisie van die werkwoord telkens nog. Voeg nog die reeds-genoemde oorweging hierby dat die ww. in Afrikaans veel analitieser flekteer dan in ander Germaanse tale, dat dus telkens vir die aanduiding van die

Sluiten