Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

voor, waarvan vyf die tweede lid nie as afsluiting na die hoofwerkwoord het, in een wat 'n Nederlandse spreuk is ontbreek dit.

Steunende op hierdie en volgende voorbeelde, mag ons veilig beweer dat die tweevoudige me-ing in die neëntiende eeu in Afrikaans reeds die algemene rigting ingeslaan het wat ons vandag ken.

CE. Boniface is veel minder konsekwent in sy weergawe van die eienaardigheid. Opmerklik vind ek die omstandigheid dat hy me2 so dikwels by gebruik van enkelvoudige werkwoorde weglaat, maar dit merendeels wel aanwend by gebruikmaking van samegestelde werkwoorde: / Wel, man! het jy dan niet die perklommasie van die Goeverneur gelees, nie ? (Honderd jaar Hollands in Natal, bis. 223. Voorb. uit 1844) /, — of in Hotténtots-Afrikaans: / „Heb jy dan nie gezien watter belofte ik daar strakkies had moete doen, nie?" / „Ik had niks nie gebeloof nie! — Ikke nie." (F. Bosman, ald, bis. 308, — vbb. uit 1832) /.

Die laaste voorbeeld is treffend insover as niJb onmiddelik op 'n gewoon-dialektiese manier met 'n nie versterk word, wat op 'n gewoon-Afrikaanse manier na voltooiing van die sin nogeens psigologies-afrondend opklink, selfs ten derde keer na die parentetiese uitbreiding of herhaling. Sou die hebbelikheid van Boniface om me2 dikwels met 'n komma af te skei, daarop wys dat hy nie2 opvat as 'n onvoltooide gewoontesinnetjie, (Is dit nie waar? nie?). Dan het ons hier die eerste indirekte taalkundige probeerslag om die verskynsel in sy wording te verklaar. (Ons het die moontlikheid ook by C. J. van Rijn teruggevind). Ook mag *n mens vermoed dat Boniface met die komma 'n pause wou aandui, dat die afrondingsnie anders uitgespreek is as vandag. Maar ook hier is Boniface in sy skryfwyse inkonsekwent, en uit die spaarsame optekeninge by die eksentrieke Fransman (oor sy lewe en werk, vergelyk my artikels in „Ons Vaderland, 13 Juni—9 Juüe, 1930, en F. Bosman, ald., pp. 119-225; 274-339) sou n mens moeilik tot alte vaste gevolgtrekkin ge kon geraak. Ook andersins moet versigtigheid die wagwoord wees. Waar Boniface se Hottentotte in hulle Afrikaans 'n ruim gebruik van die nie's maak, kom die dubbele ontkenningswyse in die taalgebruik van die Hotnotmeid Kaatje Kekkelbek, soos

Sluiten