Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

Selfs in 13, 14 of 39, is die spesiale negasie totaal geabsorbeer. Immers, dit is my alleenlik duidelik waarom 39 bv. negatief is, as ek dit ongeveer so vat: / Di twé stap an en o, hulle was teleurgestel toen hulle di fatji botter leeg kry! / — of, wat juister klink, / ... hulle was erg, baie, bitter teleurgestel ... // Daar is dus 'n verskole adverbium van graad te sien (vgl. 14.) Dat dit soms, soos hier, op zero staan, verander nog nie die saak nie. Negatief gestel, word nie die hulle of was teleurgesteld genegeer nie, dit is tog ondenkbaar. Dis alleenlik die graad, uitgedruk in die adverbium (verskole, as dit nodig is in n vaaggestelde omskrywing of retoriese vraag), wat hier negeer word. As die ontkenning in die nexus betrek was, sou die sinsaksent ook anders gewees het as nou, sou die ni s nie telkens net die kleinste rimpelings op die oppervlakte gemaak het nie.

Maar die geleentheid word gebied om die verbale attraksie verder te karakteriseer. Ons let eers op die posisie van nie2 in 'n paar gevalle.

(a) (omj-£e-uitbreidinge van enige lengte val nog meesal buitekant die afronding met nie2, organies dus nog buitekant die nou verband gevoel, waarvan dit die afhanklike voortsetting is en waarmee dit grammaties (en logies) in 'n noue samehang staan. Hierdie bewering geld van gevalle waar van die nexaal-geworde ontkenningstipe sprake is, dus, waar die hoofwerkw., waarvan die om-te-uitbreiding afhang, ontken word. Vgl. I 4; V 4; W 10, 14 en 38.

'n Mens merk al 'n paar duidelike trappe waarlangs nie2 sy huidige standaard-posisie verower het: / Dog bobbejaan was daarom ni te onnosel ni om te sün dat skulpad hom 'n poets gebak het, W. 10 // gee eintlik 'n suiwer spesiale ontkenningstipe (by die adverbium van graad, te erg onnosel) voor 'n lang om-te-uitbreiding te sien, wat buitekant die afrondings-nie val. Dit is ongeveer wat ek die eerste stap in die ontwikkeling sou wil noem. / Dit was ni om fan te praat ni hoe kwaad Tiir op Jakhals was, W. 22 // toon 'n ander stadium, nie2 na die kort om-fe-bepaling, maar die afhanklike adverbiale bysin lê nog in die koue. As die vorige sin sou geklink het / Dog bobbejaan was daarom ni te onnosel om te sün ni dat ...

Sluiten