Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

en ander onlogies en verkeerd gedink het nie, of onlogies gevoel het nie (want ek twyfel of sprekendes, selfs al „ontken" hulle, hulle bewoordinge al sprekende uitredeneer, bv. in 'n liefdesverklaring of in groot woede), — of net grammaties gedwaal het nie, wat hulle gebruik stem nie altyd ooreen met die hier-gegewe voorskifte nie. Maar ek weet wel dat as die dubbele ontkenning moet gebruik word volgens die maatstaf soos die twee here dit in hulle eerste elf reëls neergelê het, dan dink hulle, volgens hulle waardering, of onlogies of inkorrek, of gebruik die nie2 verkeerd in reël 13, om te swyg van reël 12. Ons moet logika in hierdie verband maar liewers 'n vakansie gun, dit lyk of hy dit verdien. In reël 13 staan: „In 'n samegestelde sin waarin die bysin die hoofsin volg en die ontkenning in die hoofsin voorkom, word die tweede nie soms in die middel van die sin ... in plaas van aan die end van die hele sin, geplaas" (bis. 27). Van die voorbeeldsin met die reeds negatiefgetinte tensy swyg ek maar. Tog is die reël belangrik om weer te wys dat ons selfs vandag nog geen vastigheid het nie, (vgl. reël 12 hierby) — en ons leer dit aan die skoolkinders — hoekom nie ? Ek het reeds hierop onder C attent gemaak, en daar die gebruik probeer motiveer, in aansluiting by Malherbe.

Die karakter van nie2 word m.i. nog verder in 'n ander verband enigsins vals voorgestel. Uit dieselfde bekende spraakkuns haal ek nogeens aan: „I. 1. As die eerste nie aan die end van die sin staan, kan daar natuurlik geen sprake van 'n tweede wees nie ..." (bis. 25). Waarom natuurlik ? Dit. wek die vermoede asof nie2 dan wel ,,natuurlik" is as nie^ hoër in die sin staan. Tog is hierdie natuurlikheid vir baie juis onnatuurlik, so selfs, dat die taalgeleerdes met die grootste versigtigheid 'n verklaring van die probleem aandurf.

„12. As die sin taamlik lank is, sodat die herhaling van die twede nie as onverwag en onnatuurlik beskou word, kan die twede nie weggelaat word", (bis. 27). Hier word nie2 direk as natuurlik bestempel, want dit is in een moontlikheid onnatuurlik. Gevoel sou ook in die formulering beter as die nugtere beskou gepas het. Dan klink die twee voorbeeldsinne vir my oor, en is vir my gevoel, juis

Sluiten