Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

so dat me2 kon gebruik word, sonder dat dit vir my as erg onverwaa sou voorkom. Dit getuig ook ander Afrikaners wat ek hieroor ondervra het. Is dit dat die jongeres al verder staan dan die oueres van die vroeë 20e eeu, soos hulle van die Patriotters ? Maar die interessante lê daarin dat die twee volsinne, met nexale ontkenning in die hoofsin, presies 'n tipe verteenwoordig wat ek hoërop behandel het; op die eerste volg daar 'n na-agtergeskowe uitgebreide voorwerpsin met 'n daarvan afhanklike bysin; op die tweede 'n „fo#ies"-swakgestileerde objeksin :

a. Die spreker kan hom nie verenig met die argument dat as buid-Afrika ooit onafhanklik sal word, dit sal moet geskied na *n bloedige oorlog, waarin sowel die gekleurde as die blanke rasse betrokke sal wees.

b. Want ons moet nie vergeet nie, hoe meer ons taal sy eg Afrikaanse eienaardighede in sy buigingsleer, woordvorming en smsbou laat beïnvloed deur die Engelse taal, hoe makliker dit vir die Engelse taal word om hom te verdring.

Ons kom dus in die huidige, spraakkunstig as korrek (en logies) aangegewe gebruik, nog op gevalle af wat op een lyn met die in baie sinne by von Wielligh te stel is. Met die oog op dit alles sien ek nie in wat inherent ..natuurlik" of andersins in die tweemaal-mes is nie.

Ook die volgende paragrawe gee geen bevestiging daarvan dat ons in hierdie ontwikkeling van me2 na die logika van die redenerende verstand moet gaan soek as die belangrike dryfveer nie.

Ons merk nog verder in die aangehaalde sinne op die drievoudige ontkenning waar moderne Afrikaans slegs 'n tweevoudige ken. bv. W. 15, 27, 36 en ook 16. Hierdie gewoonte is in die skryftaal gladnie seldsaam nie. en nog minder in die gesproke taal. In Ons Klyntji is talie voorbeelde vir die gryp. So een haal dr. Hesseling. bv. aan: / Dis ni di kinderharp self ni wat 'n mens kan sing ni. O. K. III, bis. 1. // Vandag word so'n wyse as oorlaai gevoel, en die algemene taalgebruik het dit een-kanttoe geskop. In die bogenoemde en by W. aangehaalde sinne sou dit nie meer opgaan om die drievoudigheid te motiveer as sou die tweede gedeelte 'n uitbreiding wees wat as 'n bygedagte toegevoeg is na die sin reeds

Sluiten