Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

gesluit is, en dat die toevoeging nogeens ontken word nie. Die aard van die bou maak so'n aanname al onwaarskynlik. / ... en Wolf kon ni genog praat ni om te fertel hoe sterk hy tog is ni ... W. 15 / Gen fo'el sal dit in syn kop kry ni om met my te kom feg ni, W. 16. / En moeni praat ni fan di gelag fan di klyn fo'eltjis ni, W. 27 / Seker, dis ni om te hoe ni of te altemit ni, W. 36 // Die enigste steekhoudende verklaring is m.i. dat die deel wat na die met nie2 afgeslote nexale groep staan, psigologies so eng met die groep verbonde gevoel word, dat m'e2 as 'n nie3 nogeens herhaal word aan die einde daarvan. Die gevoel van ontkenning van die hele groep openbaar hom op die nogal gewone manier. Later sal ons dieselfde prosedure van gevoelsverspreiding by voorsetsels van plek, beweging en instrument, en by temporale lokale en ander modale adverbia teenkom — as ek nie op die oomblik van modale adverbia mag uitsonder.

Hierdie soort drievoudige ontkenning is dus, psigologies beskou, 'n nuwe stap in die rigting om samehorende dele in die ontkenning tot 'n eenheid bymekaar te groepeer. Histories beskou, vorm dit 'n oorgang tot die huidige gebruik. Sintakties beskou, van die moderne toestande uit, is daar 'n beweging van die tweede ontkenningslid na die einde van die eenheid toe, 'n einde wat byna deurgaans werkwoordehk afgestuit word. — Dit is tog nouliks nodig om weer te sê hoekom nie2, en nie nie3 nie, as die ouere geval in die voorbeelde te beskou is. Die antwoord is eenvoudig net, dat die hele gebruik, soos ons dit in al die gevalle leer ken het, dit so bepaal. Daar moet net gedink word aan al die voorbeeldsinne met twee-maal nie sonder dat nie2 aan die einde van die eenheid staan.

Maar ek meen dat ons 'n treffende ontwikkeling in die waarde van nie2 in hierdie verskuiwing (oor die weg van 'n nie3) kan sien. Hoekom verskuif dit ? Daar moet tog 'n rede voor wees, dit moet tog 'n behoefte bevredig, al geskied dit maar ten dele. Nou, soos bv. in die geval van die om-fe-uitbreidinge, word die dele wat afhanklik van die ontkende kern is, waarmee dit 'n engere eenheid vorm, ook deur die tweede ontkennings-lid nouer in die eenheid gewewe. Die behoefte ontstaan dan om samehorende dele ook werklik samehorend, selfs in die uiterlike, te hê. Dit beteken dus, dat niea

Sluiten