Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

geleidelik die waarde aanneem van 'n eenheidsluitende partikel by ontkenninge. Hierdie bepaalde waarde in sy volheid skyn dus 'n latere uitvloeisel te wees, iets sekundairs — althans by die afhanklike uitbreidinge van 'n ontkende kern.

Kyk ons van hierdie standpunt uit (nl. waarop dit sy nuwe waarde kry) na die toekoms, dan sien ons al dadelik 'n moontlike botsing as gevolg van hierdie nuwe waarde. Word die afhanklike uitbreiding betreklik lank, soos in geval van 'n reeks eksplikatiewe bysinne by 'n ontkennende hoofsin (in die taal van die grammatici), of is die grammaties-afhanklike bysin meer positief of neutraliserend gekleur to.v. die ontkenning (sê: nexaal) in die hoofsin, so kan hierdie nou eensluitende partikel me2 met sy uitgesproke negatiewe strekking, 'n hindernis word, — soos ons vroeër dan ook daadwerklik opgemerk het. Toe Afrikaans in die twintigste eeu begrammatiseer word, is hierdie eenheidssluitende waarde so-te-sê volledig verkry, met enige onvastighede by logiese oorwegings. (Vgl. Klas E hoërop). Maar omstreeks 1900 was dit bepaald nog nie so sterk die geval nie. (Vgl. von Wielligh). Ons moet hierdie aspek dus as heel-modern, as histories laat bestempel.

Maar kyk ons van hierdie standpunt uit na die verlede, waarvan ons niks definitiefs afweet nie, maar wat ons induktief miskien nader kan leer ken, is dit tog duidelik dat in eenhede van enige uitbreiding nie2 aanvanklik kort op niet verskyn het, dit in die begin die normale orde toeskyn. M.a.w. die ontkenningspartikels het die onmiddelik-ontkende kern omring, bv. / Dit is nie waar nie / Hy sien nie veel nie / Hy kan dit nie glo nie // Dit kom my aa aanneemlik voor om hierdie begintoestand dan induktief so te rekonstrueer as sou die kern-omsingeling veral en by voorkeur plaasgevind het by die tipe van spesiale ontkenninge, wat, soos in die geval van bywoorde, reeds uiteraard nexaal gekleur is. Een rede vir hierdie vermoede is genoem. Maar al te vas aan so'n indeling mag ons nie verkleef wees nie. Let ons verder op dieselfde ontkenningsprosedure in Nederlands, waar die verskynsel, gesien vanaf 'n modern-Afrikaanse standpunt, nog „primitief" is, dus soos óns dit in die begin moes geken het, val dit juis op hoe die spesiale

Sluiten