Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

Maar geen kan optree waar niemand deur sy sterk-gevoelde voornaamwoordelike karakter uitgesluit is: / Gen fo'el sal dit in syn kop kry ni om met my te kom feg ni, W. 16 // is onbewimpeld en kragtig in sy eksklusiviteit, soos / Daar is gen dür ni of hy het goggas, W. 29 //.

Dog geen het nie net in klank- en vormvolheid veel verloor nie — ook die betekenis het stadigaan verbleek, die versterker verswak. / Tiir het ook gen dag of nag gerus ni om fer jakhals op te soek, W. 38 // klink mat en moeg, is flou, is so sterk as / ... nie 'n dag of nag gerus nie ... // So ook is / ... hy kon daarom gen beten een kry ni as ertfark, W. 19 // gelykwaardig in intensiteit aan / ... hy kon ... ni 'n beter een kry nie // So soutloos is geen dikwels reeds dat hy op sy beurt deur 'n ander kragwoord moet geskraag word: / Né, ek het glad gen besonder nuws ni, W. 8 //.

Daarop volg 'n interessante stratum. Geen en g'n, die duidelikste voorbeelde van die spesiale ontkenningstipe, word in die nexale verband geruk. Dit merk 'n mens al in: / Ek het g'n skaap (-kudde skape) gesien nie //, in die betekenis: / Ek het die skape nie gesien nie //. Vandaar is die oorgang van die adjektiviese onbepaalde telwoord na 'n nuwe modale bywoord van ontkenning, net 'n klein en kort stappie: / Ek het die skaap g'n (xS, xa) gesien nie //. In die westelike en noordelike deel van die Oranje-Vrystaat is dié tipe ontkenning in sekere gevalle seer gewoon: / Hy was xa daar gewees nie / Ek het dit x5 gedoen nie //. In watter mate die gebruik elders in ons land bekend is, sou ek nie met sekerheid kan sê nie. Dit het ook 'n bysmakie van platheid en vind nooit in skriftelike gebruik uitdrukking nie. Afrikaanssprekende naturelle in die aangeduide streke skyn daarvoor 'n bepaalde voorliefde te koester. Tog glo ek nie dat die gebruik van hierdie modale bywoord tot die gebiede beperk is nie; op grond van die algemene geliefdheid van geen vir ontkenningsversterkinge, soos reeds by W. geblyk is, vermoed ek 'n bekendheid oor die hele taalgebied.

Dan kom dit my voor asof ons hier 'n mooi insage gekry het in wat dikwels die aanbrenging van nuwe versterkingsmiddele by ontkenninge nodig maak.

Jespersen wys daarop hoedat verminderde aksent die negatiewe

Sluiten