Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

begrip in die opsig ondergeskik aan 'n ander woord met die sinsaksent maak, met 'n uiteindelik resulterende verswakking en selfs proklitieswording van die ontkenningspartikel. „The incongruity between the notional importance and the formal insignificance of the negative (often, perhaps even the fear — lees: ear — of the hearer failing to perceive it) may then cause the speaker to add something to make the sense perfectly dear to the hearer" (Negation, bis. 5). Dit is redelik om dan versterking te verwag in sulke gevalle. Hierdie oorweging is ongetwyfd 'n sterk spoorslag. Alleenlik is dit my nie duidelik hoekom daar wd 'n dialektiese gewoonte in Nederlands, Duits, Engels en in ander tale seker ook, te bespeure is om na nooit, niets (niks), ens., wat tog vir hul funksies geen verswakte vorme, en as 'n gehed sdf geen proklitiese vorme is nie, ook 'n nie(t) te gebruik ? Dit skyn my asof daar nog ander faktore ook doenig is. Moet ons nie eerder 'n bepaalde wisselwerking aanneem tussen die strewe aan die een kant om spesiale begrippe te ontken (spesiale ontkenninge, dus) binne-in die verband van die nexde of nexaal-geworde ontkenningswyse as die strewe aan die ander kant om te ontken nie ? As die behoefte bestaan het om 'n bepaalde begrip te ontken en dit dus binne die nexus sterk in die hg te bring voor hierdie spesiale ontkenning later verloop het in 'n nexale, dan kan die behoefte in gegewe gevalle nogeens ontstaan om die spesiale begrip te ontken, sdfs al is die partikel geen proklisis nie. Die proklisis-storie lyk my eerder na iets wat al te dikwels toevallig, hoewd kontribuerend is, dan na iets van gedurige eerste-rangs-belang. Ek meen Jespersen het ook hier die volle draagkrag van die deur hom geformuleerde prinsipes nie gesien nie — die vorm wd opgemerk, maar nie „das sich regende Gefuehl" nie, — in die woorde van Ziemer (Junggrammatische Streifzuege, 1883, p. 142, by J. 69), al kom Jespersen daar soms baie naby! (Negation, bis. 71). Hierdie wisselwerking kan 'n gevd soos die volgende illustreer (hulle is legio in die volkstaal): / Hert keen Minsch de Piep nich sehn, Meyer: Unsere plattdeutsche Muttersprache //, waar die „keen Minsch", die spesiale en so gekonsentreerde, die sterk ontkenningsvorm die positiewe „jemand" vervang, maar sdf

Sluiten