Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

Afnkaans eng verwant is. Die Afrikaanse verskynsel van die dubbele ontkenning bied in die lig dus niks vreemds nie. Dit is evolusionisties beskou, slegs 'n groeisel uit n kiem wat in die" Germaanse tale. met name in die ongeskoolde substraat, aangetref word. Wat veral aan die Afrikaanse gebruik n stempel van iets unieks gee. is die opvallende krag en lewendigheid van 'n verdubbeling, opvallend bowe-al in die ontkenning wat hom tot sy huidige vorm ontwikkel het.

Daardeur verlê ons net die moeilikheid. Die onopgeloste vraag is dus: wat het die ontkenning in die vroeg-periode daardie eerste vorm van twee(meer)-voudigheid laat aanneem? Anders gestel waarom het die ontwikkeling in Afrikaans n dubbele rigting opgegaan waarin dit hom van die ander eng-verwante tale tov die ontkenning onderskei. t.w. die verbasingwekkende verbreidheid van die duplisering-gewoonte. en die tweevoudigheid van dieselfde partikel, n tweevoudigheid wat ook sintakties anders geaard is as in Vlaams, bv. ?

Die rede vir die verbreidheid voer ons terug na die geskiedenis. Waar moet dit gesoek word ? Ons neem eers in aanmerking die:

VOOR-AFRIKAANSE TOESTANDE.

Die drie belangrikste stamlande van die Afrikaanse volk is Noord- en Zuid-Nederland, Frankrijk en Noord-Duitsland. Hier moet ons na die moontlike wortels en steggies soek (Boshoff Volk en Taal. „Inleiding"). Want as dit kan uitgemaak word dat die Afrikaanse verskynsel in sy kiemvorm op Suid-Afrikaanse bodem wesens-eenders is met dieselfde verskynsel in die stamlande, meen ek dat dit buiten kyf is vanwaar die neiginge kom. Die taalwetlike voortontwikkeling is dan vir ons doel suiwer Afrikaans bevorder of hoe deur die spesifiek-Suid-Afrikaanse omstandighede.' maar die oer-essensie is oorge-erf. Dit is die ope vraag by Hesseling e.a., en wettig 'n prinsipiële ondersoek om sy betekenis in die algemene kader:

Sluiten