Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

geheel niet", bis. 610) al *n nuwe eenheid, wat hy dan ook aanmekaarskrywe. Nooit „begint vaak met dubbele ontkenning: Ik het ter nooit nait wést ..." (bis. 619).

Dieselfde gang van sake is te konstateer in die NederlandsSaksiese en Nederlands-Frankiese tongvalle. Die Idiotica gee telkens dieselfde beskeid. Johan Winkler wil ons hier iets interessants wysmaak: JVooft niet, deze dubbele ontkenning, in het Hollandsen en Nederlandsch eigentlijk een bevestiging, is uit de friesche taal, waar zij regel is, overgenomen; het is het friesche nae net, of nimmer net .... nimmer nim, woordelijk: nooit geen" (t.a.p., I, bis. 480). 'n Mens kan met eweveel reg, parmantigheid en entoesiasme die teenoorgestelde beweer en sy argument bevestig deur te wys op dieselfde verskynsel in nie-friese dialekte buitekant elke moontlike friese invloed bv. in Amerikaans-Engels (H. L. Mencken, The American Language, London, 1922, blss. 310-313).

3. Nie(t) ... nie(t) of geen ... nie(t), ens.

Die groot verdienste van prof. Blancquaert se bydrae moet m.i. nie in die eerste plek in sy verklaringspoging van die Afrikaanse verskynsel gesoek word nie, maar wel daarin dat hy die eerste, en sover my bekend, enigste Nederlander is wat doelbewus in die huidige Nederlandse volkstaal, by name Suid-Nederlandse, na gevalle van 'n ontkenningswyse gaan soek het, wat met die Afrikaanse gebruik ooreenstem. As hulle aan sy wenk gevolg gegee het en in Noord-Nederland die oog spesiaal op die aspek gehad het, kon ons vandag miskien *n duideliker totaalbeeld van die vir ons so belangrike gewoonte gehad het. Intussen moet met ongeduld, gewag word tot die tyd aanbreek om uit die dialektologiese analitiese beskrywende studies 'n sintese van die verskillende gesigspunte te kan opstel.

Uit die bekende artikel haal ek sy volgende voorbeelde aan: / 1. Van spraakkunst wist ik nie feel af nie meer — Brugge / 2. saak nie kunne zegge niet, en / 3. Dad es nie schoon nie, „met het tweede niet gewoonlijk lang" / en 4. Nie(t) veel nie(t) meer, „algemeen gebruikt", — almal uit Opdorp, Oos-Vlaandere / 5. Ik heb nog geene kou nie, en / 6. Ge hoort de beenhouwers nie

Sluiten