Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

maak sonder daarvan bewus te wees. So het ek 'n Vlaamse professor 'n tweevoudige ontkenning hoor gebruik, hom daarop attent gemaak, maar hy self was tog heel verbaas daaroor en het dit 'n inkonsekwensie genoem. Dr. Pauwels het hieroor ook 'n treffende belydenis afgelê. Dit staan in elk geval vas dat die ontkenningstipe soos hierbo aangehaal is sporadies en individueel oor heel Suid-Nederland bekend is en gebruik word, en by sommige persone 'n gewoonte is (B. 2, 3); by ander word sekere ontkenningsuitdrukkinge steeds in verdubbelde vorm van die modaliteitspartikel gebruik. Leersaam is wat Cornelissen en Vervliet oor die gebruik in Antwerpe sê: „Bij niet, niks (niets) en geen blijft niet weg, tenzij wanneer achter geen het woordje meer volgt ... / ze bezit geen roö duit ni meer //.

Bij sommigen nochtans wordt ni in dat geval ook uitgedrukt: / 't Is ni waar ni; / daar is niks aan te doen ni / 't is geen kleinigheid ni //." As prof. Vercoullie maar hierop gewys het!

In Noord-Nederland heers daar ook dienaangaande onsekerheid. Dr. P. J. du Toit wordt deur prof. Vercoullie op twee gevalle uit die Gewaenden W euwenaer met het bedroge Kermiskind gewys. / In en vrai land most men dat kwaad nvt toelaaten nyt / Je word nyt gek nyt //. Die stuk uit die jare 1709 en 1710 speel te Utrecht, alwaar dr. A. Beets die gebruik in die volkstaal nog in die twintigste eeu aangetref het, bv. in: / 'k en zou 't je niet kunnen zeggen niet / je mot het niet gelooven niet, hoor I P. J. du Toit: Aftikaansche Studies, bis. XX //. Dit is dr. le Roux „nie geluk om daar in Utrecht 'n bevestiging van te kry nie maar die volgende sin in die Betuwse dialek laat vermoed dat die verskynsel vroeër oor 'n groter gebied verbrei was: Nou he'k tan is gezien, wad 'n warkstoaking is, en nie mar zoo effekes ok nie, heur — N. Rott. Courant, Avondblad, 8/5/1920" — t.a.p., bis. 169). So deel dr. du Toit mee dat dr. A. Opprel „meent met zekerheid te kunnen zeggen, dat zij nergens op de Zuid-Hollandsche eilanden in de volkstaal voor komt" (ald., p. XX), maar sonder om te „meen" beweer C. J. van Rijn met die stoutste stelligheid dat die „dubbele negatie in de volkstaal van geheel nederlands maar vooral in Holland en Zeeland" voorkom

Sluiten