Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

soos in die geval van die anderkleurige (-geurige) slawe of inboorlinge met 'n ander godsdiens en beskawing nie. Insover dan as taal ook 'n gemeenskapsproduk is en as sodanig moet verstaan word, is dit duidelik hoe wederkerige taalbeïnvloeding by die Frans- en Hollandssprekendes van die tyd veel sterker kon gewees het as die slawetaliges, onder die toe-heersende omstandighede. Is daar enige moontlikheid dat die Hugenotetaal op die gebruik van die tweevoudige ontkenning op sy Afrikaanse manier regstreeks kon ingewerk het ?

1. Die dubbele ontkenning in Frans verskyn daardeur dat ne gehelp word deur ander woorde. Ne met so'n hulpwoord staan slegs proklities by die ww. Onder klemtoon word as ontkenning non aangewend, wat voor die ontkende woord te staan kom, meesal voor seulement in non seulement ... tnais aussi. Ook pas kan saam met non gebruik word. Vandag word non pas veel vul diger as non aangewend. Pas alleen is vandag algemeen in gebruik in die volkstaal en dring al die skryftaal flink binne.

„Ces mot (giens, mie, goutte, pas, point, guère)" sê prof. Sneyders de Vogel „sont primitivement des substantifs è sens affirmatif, qui, aprês avoir pris la fonction d'adverbes, finissent par n'exprimer avec ne qu'une seule idéé, 1'idée négative" (Syntaxe Historique du Francais, bis. 372, Groningen, 1927). Die opkoms van hierdie dubbelheid is toe te skrywe aan die verswakking van die proklitiese ontkenningspartikel, soos ons by Jespersen reeds geleer het. „Doch hat sich im laufe der zeit für die mangelnde klangfülle der negation beim verbum ersatz gebildet durch die entstehung der komposition mit einem zweiten bestandteil, der erst entweder adverbiale oder objekt war und spater zum ersatz der bedeutungslos gewordenen und nfrz. nur noch rudimentar in der schriftsprache vorhandenen negation ne dient, vor allem pas, dann auch point ..." (J. Haas, Kurzgefasste Neufranzösische Syntax, Halle-Saale, 1924, p. 74).

Dat die besondere Afrikaanse verskynsel hiermee niks direks uitstaande het nie, sal nog verder duidelik blyk. Dr. Hesseling het reeds die opvatting van te Winkel (en S. J. du Toit) dat hier o.a. net aan Franse invloed moet gedink word, ontsenu (De Gids, 1897).

10

Sluiten