Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

moontlikheid dat dr. Hesseling sy teorie van Maleis-Portugese vervorming van die nederlandse dialekte tot Afrikaans opgestel het. Tog kon hy geen aanleiding in Maleis, Portugees of in die resultante mengeltaal Maleis-Portugees, vind om die dubbele ontkenning in Afrikaans op rekening van die algemene slawe- of handelstaal te bring nie. Hottentots het al ewe-min so'n gewoonte, altans sover as ons kennis daarvan vandag reik. Die Boesmantaai kom nie in aanmerking nie. Die geskiedenis lewer die duidelikste uitspraak dat, insover as daar wel 'n spaarsame verkeer tussen blank en Boesman by tye te noeme val, die blankes nooit hierdie taal aangeleer het nie. Gevalle soos die van die wonderlike poliglot Johanna Coetzee, is geïsoleerd. Die Bantoes kom eers in 'n tyd met die blankes in aanraking, wat dit onmoontlik maak om invloed op hierdie manier en langs hierdie weg aan te neem. Volgens die bekende historicus H. P. N. Muller (Reisherinneringen van Zuid-Afrika, Leiden, 1889, v. 336) het die uit die Noorde afsakkende Kaffers vir die eerste keer in 1781 met die blankes in botsing geraak, en eers in 1792 het hulle groterwordende aantalle 'n oorsaak van onrus en onveiligheid geword. Maar 'n dertig jaar later weet ons direk, uit Teenstra se voorbeeld, dat die nie2 reeds vol ontwikkeld was, wat dus vroeër, sê omstreeks 1800, duidelik ook die geval moes gewees het.

Aan die ander kant kan invloed van hierdie nie-Europese tale op die blanketaal bevroed word deur te meen dat hulle Nederlands aangeleer het, en gebaseer op hulle taaleie langs die weg vervorminge van Nederlands kón gangbaar gemaak het, wat in die taalgebruik van die blankes oorgegaan het. Maar vir die dubbele ontkenning geld bowestaande besware hier nogeens met dieselfde krag.

Af gesien van die (on) moontlikheid om die gewoonte van tweevoudige Verneinung direk uit 'n nie-Europese taal in Suid-Afrika van die dae te wil verklaar, mag op 'n psigologiese aspek gelet word, soos van Rijn en le Roux dit aangestip het. „Die noodsaaklikheid om nadruklik te praat in die omgang met onbeskaafde rasse sal m.i. nog meegewerk het om die gebruik van nie ter afsluiting van die periode, sowel as in sy oorspronklike posiesie, te bestendig" (le Roux, t.a.p., bis. 170). Orals spring hier vraagtekens op en bewe

Sluiten