Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

begin af so volledig in die proses van voortskrydende sosialisering deur die ouers of onderwysers en dergelike faktore in die ou bane gehou word nie. Wanneer dit eers doelmatig geskied is, soos met sy daar-geboortige skoolgaande kinders die geval kan wees, is die kloof tussen die gewone spreektaal van die groep en die standaardtaal al wyd-gapend en word die beskaafde norm al gevoel as die onnatuurlike, die kunsmatige, die geleentheidsmatige. Hierdie veronderstelling berus dan daarop dat die verspreiding ten dele van die kant van die taaladapterende vreemdelinge kan kom. Dat dit deur ander (sterker) motiewe deurkruis of voortgestu word, spreek vanself, bv. deur die inwendige faktor(e) wat vertweevoudiging in, sê die Nederlandse dialekte, begunstig, nl. om 'n seker begrip of begrippe binne die nexale ontkenning spesiaal te negeer, om die besondere belang wat vir die geleentheid aan die besondere begrip (pe) geheg word. Hierdeur kan as resultaat, (d.i. insoverre dit nie die primaire dryfkrag is nie) later 'n gevoel ontstaan dat die ontkenning so vollediger en sterker, miskien ook duideliker, geskied en kan dit psigologies verkiesliker in 'n steeds stygende aantal moontlikhede voorkom. Maar wie sal die verhouding presies uitmaak ? Dan is daar tog ook, aanvanklik altans, remmende en ausgleichende kragte aan die werk, wat tesame sterk genoeg kan wees om die stroming lank teen te hou, of uiteindelik in sekere verhoudinge selfs te neutraliseer.

Lyk dit aanneemlik om ook in die wordingsperiode van Afrikaans so'n oorwig van die sogenoemde ontkenningspleonasme te veronderstel, wek dit enigsins bevreemding dat juis die nie ... nie-konstruksie hier gaan baasspeel. Want A.-B.-Nederlands negeer in hoofsaak op dieselfde wyse as A.B.-Engels, as ons afsien van bv. die -n'f-gevalle. En die dialekte van albei tale gedra hulle hierin ook eenders. Tog is die not ... nof-prosedure in Amerikaans, volgens die voorbeelde by Mencken (bis. 310) gegee, onbekend. Ook in die Nederlandse dialekte self is die nie ... nie-tipe so wegkruiprig, dat sommige van die beste dialekkenners sy bestaan ontken het. Dus, indien die tipe uit Nederlands (en Noord-Duits?) oor ge-erf is, kom dit eienaardig voor dat juis hy in Suid-Afrika so gaan voortwoeker, hy, die swakste en kleinste, die verloënde. Hoe onwaar-

Sluiten