Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

geskied nie. Besparing is tog nie die enigste heerser wat in die taalekonomiese lewe die monopolie of diktatuur uitoefen nie. Weise, Meyer en 'n menigte ander praat ook van „Die Fülle des Ausdrucks". As ons die taalneigings in Suid-Afrika in die afgebakende periode as gelyklopend aan die in Noord-Amerika kan beskou, as ons derhalwe wil erken dat die ontkenningsgevoel uiting vind in vermenigvuldiging van die ontkenningspartfkels, kan dit hom teoreties in Afrikaans ewe-goed op sy bekende Afrikaanse manier vertoon as andersins. Dat hy hom ook andersins vertoon het, het ons reeds gewys; hieroor nog iets.

Die sterkste (oorgeërfde) strominge was vermoedelik:

(a) die tipe nooit ... niet, geen ... niet (meer) ens. Dit is reeds aangetoon hoe dit skyn asof geen (gen, g'n) carrière gemaak het. Ons ken die tipe in weelderige krag in dieselfde dialekte van Germaans; ons ontmoet hom in volle bloei in Amerikaans, 'n Germaanse taal wat op sy besondere manier gegroei het. Induktief sou ons hom ook in Kaapland verwag. Dat hy daar was, is nie te betwyfel nie. Maar meer, ons sou hom 'n lot soos in Amerikaans wou voorspel het.

(b) die tipe en(ne) ... niet, niet ... en(ne): / ende dat niet ghesleghen nes ende ofte ghi niet ne hebt dat witte soe nemt sijn selver bloct ... La Chirurgie de M. Yperman (± 1300), 1863, f. 411), wat nog deur die sintaktiese ooreenstemmende gebruik in beskaafde Frans van die Hugenote steun kon gevind het. Die tipe is aan die Kaap van die vestiging tot aan die uitgang van die neêntiende eeu gehoor en gebruik. Ook hierdie tipe kon 'n Siegeslauf gehad het — hy was juis taai genoeg. Hoekom kon dit nie in die Kaaplandse Nederlandse dialekte, waarin dit sterk gewortel moes gestaan het, die weg opgegaan het as bv. in Frans nie ? Die toestande was tog gunstig !

As tipes (a) en (b) vlytig in gebruik was, en daarnaas en daartussen die vorm nie ... nie, maar die waarskynlik skaarse vorm nie ... nie tog in die loop van tyd, teoreties teen alle verwagtinge in, die oorhand oor die twee sterkes met hulle wederkerige bondgenootskap gekry het, word 'n sterk vermoede gewek dat dit nie die twee (-meer-)voudigheid van die negasiepartikels is wat die

Sluiten