Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

bestaande of ontstaande behoefte kon bevredig nie, maar slegs dié spesiale wyse van ontkenning, M.a.w. die nie ... nie-vorm het 'n inhoud wat hom tot die gewenste kandidaat maak — daar is 'n psigologiese as pek wat in die ander twee tipes gemis word. Die een mag goed vir Vlaams en Frans, die ander vir Amerikaans wees om algemeen te word, hulle deug nie vir Afrikaans nie — en verloor die wedloop, selfs met die groot voorsprong.

Hierdie oorweging maak dit dus vir my onbegryplik hoekom juis die tipe nie ... nie in Afrikaans onder die omstandighede so'n oorwinningstog sou gehad het, as ons dit sonder meer as 'n sintaktiese kontaminasieproduk moet beoordeel. Hierdie junggrammatische ontleding het m.i. waarde om te wys hoedat die taalgevoel met hierdie modaliteitswoordjie vrede kan hê as hy sy posisie as me2 daar inneem waar hy dan wel verskyn, met dien verstande dat hy deur werkwoordelike aantrekking of hoe ook, wel nog elders 'n plek kan verower. „Immerhin", sê Paul in 'n ander verband, „haben wir es auch dann mit einer Kontamination zu tun". As nie% sy plek dus so kan verander, moet 'n mens die kontaminasiemoontlikheid al baie breed en „immerhin"-agtig opvat, bv. in so'n sin „Dis ni di kinderharp self ni wat 'n mens kan sing ni".

In watter opsig dan verskil die dubbelvoudige nie van die ander, twee tipes wat sy ontkenningsbetekenis en -werking betref ? Watter psigologiese selfkant het dit wat hom so bevreemdend die algemene rang laat verower het ? Die tipe en ... niet is sterk nexaal, die nie(t) kom by om die verbleekte en (n, 5, an) wat sy werking nie altyd doeltreffend verrig nie, te steun, en eventueel selfs miskien te verdring as „onnodige ballas". Hierdie spesiale tipe verander dus die saak nie in gevalle soos die wat ons uit Paul aangehaal het nie. Daar sou die gewraakte pleonasme op dieselfde wyse nog kon voorkom, selfs al was en ... nich(t) in sy tweevoudigheid as die normale ontkenning aangewend. Daar is dus nog iets buitekant die werkingsfeer van en ... niet of ne ... pas wat soms voldoening kan soek.

Die ander tipe nooit niet kan, van 'n seker kant beskou, al ewe-min voldoen. Soos reeds aangetoon, kan: / Ik heb niemand niet gezien // as 'n gewone nexale ontkenning beskou word: / Ik heb

Sluiten