Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

krag verder steun ontvang. Gestel die nuwe word is nie(t), die neutrumvorm van 'n voornw. Dan is die toestand die volgende: Vir nexale ontkenning word en gebruik, vir spesiale ontkenning nie. Ons het egter herhaaldelik daarop gewys hoedat die spesiale ontkenning vernexaal word, bv. in die geval van geen (g'n). Die nexale magnetisme is iets natuurliks. As nie nou ook deur die aantrekking by nexale ontkenninge kan gebesig word, dus die funksie van en verrig, is die botsing en oorlapping duidelik. Op voorhand weet ons dat en moet verloor, immers dit kan net nexaal negeer, en nie kan nou spesiaal, asook nexaal negeer, waardeur dit en kan vervang. Anders as Blancquaert e.a. sien ek dan die historiese sirkelgang so:

(1) Een en dieselfde partikel wat spesiaal en nexaal kan negeer, raak totaal vernexaal uiteindelik.

(2) Vir die spesiale ontkenning word al meer en meer nou 'n ander woord gebruik, d.i. (ten dele) verpartikel.

(3) Die nuwe partikel word ook vir nexale ontkenninge gebesig, word dus plooibaarder, en druk stadigaan die ou nexale partikel uit. Daar is dus opeenvolgende periodes van tweeheid (twee partikels, elk met sy eie funksie, dus twee funksies), dubbelheid (twee partikels, waarvan die nuwe ook die werk van die oue doen) en van eenheid (een partikel vir die twee funksies).

Hierdie tipe is duidelik anders geaard as die nie ... nie-tipe. Die wisselwerking wat by en ... niet bestaan, is hier byna totaal afwesig. Ons het nie die wisselwerking tussen spesiaal en nexaal in die eerste geval nie, dog wel die duidelike afronding van die kern. Die wisselwerking is nagenoeg afwesig, juis omdat nie ... nie in sy periode van 'n dubbelheid van funksie met jeugdige krag staan, d.i. gebruik word by beide nexale en spesiale ontkenninge. „Nagenoeg" sê ons, omdat 'n tweeheid al weer floutjies inspeel by / Niks geen maar nie, dominee, afgespreek // e.d.

Die oppósisie by nooit ... nie het ons hiermee aangeraak. Die saak is ook heel eenvoudig, en is reeds hoërop behandel. Dit is niks anders nie as dieselfde wisselwerking, is dus in sy essensie dieselfde as die vorige geval. Die verskil lê in die graad waarin die partikels vernexaal is: by en is dit volledig, by nooit nog nie begin nie. Trag om nooit c.s. as 'n suiwer ontkenningspartikel te gebruik by

Sluiten