Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

1. Wanneer nie2 agter die kern fakultatief gewys verskyn by mei, is dit omdat die ontkenningsgevoel hom oor die kern (eenheid) sterker uitbrei deur die kern wat ontken word, as 'n volledige organiese eenheid af te baken — 'n eenheid wat so duideliker gegroepeerd te staan kom teenoor die deel waarmee dit in teenstelling of in weerspraak gebring is. Immers dit is die sin, die doel van elke ontkenning, en daarom is die organiese eenmaking of saamgroepeering eintlik iets wensliks in gegewe gevalle. Die aksent sal in die begin meehelp.

2. Hierdie ontkenningswyse word reël, d.i. nie2 word as die voltooiing van die ontkenning gebruik, en as n voortvloeiende resultaat met terugkerende werking, kry die ontkenningseenheid 'n bepaalde ritmiek, iets in die aard van 'n dactylus, of selfs van 'n anapaest.

3. Waar van die ontkende kern 'n uitbreiding afhang, ontstaan die gevoel om die uitbreiding ook as behorende by die ontkende kern af te baken en as 'n groter organiese geheel te stel teenoor die sin(sdeel) wat dit kontrasteer of kontradikteer.

Dus is dit psigologies 'n versterkingsmiddel, en wel deur primair 'n duideliker afbakening van die eenheid, en secundair deur 'n vervoltooiing van die ontkenning. Vgl. 'n keer hiermee die sinne / Nie hy nie, sy broer was hier gewees / Niemand anders nie behalwe hy / Ons het gedink dit kan nie gebeur nie as hy weier //.

Juis deurdat albei rigtinge middele van 'n bepaalde soort van versterking is, het hulle iets gemeenskapliks in inhoud by die verskil in koers.

Eindelik, die kragtigste bewys vir ons argument van die verklaring van die dubbele nie's vind ek in die gedrag van die taal waar dieselfde beginsels van die Innere Sprachform, in Marty se gebruik, en wel op dieselfde manier kan werk. Dan is die verskynsel van die nie's gladnie so sonderling en raardoende nie. In die verband daarmee let ons verder op 'n paar minder-belangrike faktore wat tog volledigheidshalwe 'n reg het om ondersoek te word — deur die filoloog.

Sluiten