Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

tydspartikel al2 die groep af; — ons kan die „groep" in sy spesiale karakter voorstel (al-vroeg-al) of in sy nexale karakter (al vroegopgestaan al). Suiwer nexaal is: / Hy het al gekom al //.

Ook die posisie van al^ (of af) is dikwels baie onvas. / Hy het vanmore al vroeg opgestaan / Hy het vroeg al opgestaan / Hy het al vanmore vroeg opgestaan / Hy het vanmore vroeg al opgestaan / Hy het vroeg vanmore opgestaan al // ens., die hele reeks nog eens deur met pleksverwisseling van vroeg en vanmore. In die eerste serie voorbeeldsinne val die sinsaksent telkens op, wat in die adjunk as primair gevoel word, vroeg, en dit is ook die begrip wat deur die modale al bepaal word. Gevolglik is daar geen «Hntlike verskil in betekenis in al die gevalle nie.

Wie nou die verskynsel van tweevoudige-a/, waar dit in die sinne (kan) voorkom, as 'n kontaminasieproduk wil verklaar, het 'n doodgemaklike taak. Maar is die uiterlike ineenpassing van twee moontlikhede ooit 'n primair-begryplike, 'n volledige verklaring, insover dit 'n verklaring is ? Uiterlik beskou, gaan dis bes. Om nie in herhaling te gaan verval nie, behandel ek die punt later saam met die ander. Tog wys ek nog net daarop hoe hierdie verskynsel in die wesentlike van sy verskyning in die taallewe en in sy aard om spesiaal of nexaal aktief te wees, met die dubbele-nie ooreenkom, en hoe dieselfde psigologiese verklaring hier ten grondslag kan gelê word. Vgl. 'n sin soos: / Hy het al 'n hele ruk gelede al die perskes afgepluk // Nieteenstaande die bepaling gelede, wat die tyd ongeveer aandui soos die modale partikel dit laat gevoel word, nl. hoe die gebeure in sy duur van nou af terug toe reeds geperfektiveer was, het die besondere modaliteit nog nie so goed die tydsbepaling oorglans dat die hernude uiting daarvan by wyse van partikel-repetisie oorbodig geword het nie. Die gevoelswoordjie al verskyn nogeens aan die uitgang van die temporale adverbiale groep, omdat die besondere aspek in die tydsbepaling die eenheid so op die moment beheers, volgens die gemoedstoestand van die mededeler. As die „Kaapsch-Hollandsche" ekwivalent van: / Ik had gelezen, toen hij kwam // gee Mansvelt: / Ik hal al gelees al .... t.a.p., bis. 180 // 'n Verdere opvallende ooreenkoms met die vorige verskynsel is dat al in 'n sinsdeel, wat as 'n nagedagte of

Sluiten