Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

uitbreiding uitgespreek word, en wat sintakties op presies dieselfde plan staan as die deel waarin al verskyn het, herhaal (kan) word: / Annie ken al die lewe, meer as genoeg al, Die Huisgen. 25/11 /32. // Kom die besondere aspek in die tydsbepaling baie duidelik en oortuigend uit, is daar geen sogenoemde kontaminasie meer nie, hoewel die uiterlike omstandighede in die sintaksis nog bewaar is. So ken ek geen reeds lank reeds nie, al is reeds lank, en lank reeds gebruiklik, hoewel miskien minder gangbaar in die volksmond.

Prof. Bosman vermoed dat hierdie geval uit Nederlands oorgeërf is, en verwys na 'n ooreenkomstige gebruik opgeteken in De Zaansche Volkstaal deur Boekenoogen (Ontstaan, bis. 136). Al lank al is seker ook bekend in ander dialekte. Hierby wil ek 'n interessante vonds meedeel. Op sin 75 in dr. Blancquaert se dialektologiese vraaglys is, in die dialektografies-bewerkte gebied van die Suid-Nederlande, die volgende optekeninge gemaak: / ke al ko.rtses cKp ma* le fa wr dnu.n a.1 — St. Lievens Houtem, E. Blanquaert-H. v. Gassen: Dialect-Atlas, Zuid-Oost Vlaanderen, I, Teksten; Antwerpen s.j. bis. 98) / 2. koe awa kArtsi.s, of kae de kAts af va var dnun.a — Bevere-bij-Oudenaarde; bis. 178 / 3. kem al a wa ketsn va ve. dnu:na — Liedekerke. bis. 328 / 4. ksit al meta kesa — va ve. dnu.n al — St Gillis bij Dendermonde; bis. 102 in E. Blanquaert: Klein-Brabant, I, Teksten, Antwerpen, s.j. // Ek sou die sin in Afrikaans omsit as: / Ek het al van voor twaalf-uur af koors //, dus 'n enkelvoudige al. Ander sou 'n al2 na af mag verlang. Tog 'n belangwekkende ooreenkoms, in die algemeen besien. Daarby twyfel ek geen oomblik daaraan nie, dat dialekgeografiese gegewens dieselfde uitsluitsel vir ander streke van die Nederlandse taalgebied sal oplewer. In die ongepubliseerde materiaal van prof. Blanquaert het ek bv. nog gevind: / kae axl wa kursas —al va v«*.r dnuna. Oostakker / kan al wa korts fa vu^ar da middag al. Sas van Gent / /. Th. Frings en J. van den Heuvel gee in Die Südniederlandischen Mundarten, Teil I, Texte, Marburg 1921, vir Geertsbergen die sin (24): / az me xisterenövet toes kuöman, wören dandara al nör bet en shpen al xut vast, bis. 53 //.

Dan lê die herkomsvraagstuk tog voldoende voor die hand.

Ook in Duits vind ons dieselfde verskynsel dialekties, bv. at (alt)-

Sluiten