Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

getrou afgespieël) is die partikdvertweevoudiging wanneer deur hulle beweging uitgedruk word. / Meester weet mos, al die visgeldjies glip mos somarso in die maag in, Hans-dieSkipper bis. 130 / ln 'n boom waar 'n heuningnes of perdeby-nes in is, sal 'n bobbejaan nooit kom frugte pluk ni, of hy kry di floute as hy 'n papiir oopdraai waar in imand 'n slang ingerol het, Dire Storiis, bis. 17 / Dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald deur te gaan as vir 'n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan, Markus X, 25 //.

Op hierdie terrein is Afrikaans besonder ryk sodat daar voorbeelde by die vleet is. Veral geliefd is in ... in, uit ... uit, deur ... deur, oor ... oor, (tot of na ... toe, met ... mee of saam). Malherbe noem die volgende verskillende soorte (Taalboek, p. 102): / Kom uit die huis uit / Die Jakhals het in die gat ingekruip / Ek sal jou met die plathand saam slaan (Bolands) / Ons gaan na die strand toe / Pa is al lankal tuis / Gaan met my saam / Het hy al gekom al ? / „Aan die geld in die bank wou hy nie aan kom nie" / Van vandag af moet dit gelde / Daar is niks verkeerd daar nie / Die kind kan nie by die trommel bykom nie //. — Vir ons doel bepaal ek my vereers net by die gevalle van 'n vertweevoudiging van dieselfde partikel. Maar ook andersins sou ek die Bolandse sin moes uitsluit — dis 'n provinsialisme.

Prof. Bosman sien ook hierin slegs 'n kontaminasieproduk (Ontstaan, p. 136): / uit die huis uit // kom uit twee sinne: / uit die huis, en / die huis uit //. Waar die positiviste die saak in sy uiterlikheid so voorstel, sou 'n mens hier miskien kon verwag het dat hulle daarop moes wys hoe die toestand volgens die logika van die rededele al 'n bietjie ander lê as by nie ... nie, al ... al en so ... so. Gewoonlik word uit in die huis uit as 'n adverbium, in uit die huis as 'n voorsetsel berededeel, 'n omstandigheid wat ook vandag nog dikwels openbaar word in die verskillende vorme van dieselfde grondwoord, bv. mee-mef, tot-toe, of in heeltemaal verskillende vorme in die aparte funksies, bv. saam-met. Maar ek heg nie te veel waarde aan hierdie onderskeiding nie en maak gevolglik nie onder hierdie hoof groot beswaar teen die manier van voorstelling nie. Soos baie ander reeds voor hom, het professor Jespersen in

Sluiten