Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

versterking as 'n sekundaire gevolg van die dubbelheid 'n rol moet laat speel by wyse van meer algemeen-making van die verskynsel, weet ek nie. Tog lyk dit asof ons dieselfde wisselwerking van die twee bewegingsrigtings, net soos by die tweemaal nies, moet veronderstel. Miskien is dit die verklaring waarom in die volgende Bybelsin uit tweevoudig, om sy intensiteit, staan teenoor enkelvoudige in, waarmee dit in teenstelling verskyn: / Jou stomme en dowe gees, Ek gebied jou, gaan uit hom uit, en kom nooit weer in hom nie. Markus IX, 25 //.

Die verklaringe van die ander gevalle, waar die dubbelheid nie formeel eenders is nie, gaan parallel met die vorige.

Aan die ander kant kan ons hier ewe-goed die bekende afbakening hê waar die gevoel hom saambindend oor die hele groep versprei deur partikelvertweeing. Dit bewys sterk hoedat dan die twee rigtinge per geval ineen kan vleg.

Ons waag nog 'n uitstappie na 'n ander terrein. Waar in al die hierbobehandelde gevalle die dubbelheid van partikels bestudeer is soos dit uiting vind in 'n sintaktiese groep binne die periode, primair altans, let ons nog op die dubbelheid van 'n paar partikels in opeenvolgende sinne (sinsdele). In die grond van die saak is dit maar dieselfde verskynsel, 'n uiting wat as pleonasme aangesien word, maar gefondeer op dieselfde psigologiese beginsel wat hierbo as werksaam aangedui is. Ten dele het ons reeds hierop gewys, maar moet net aanstip dat die gebied nogal uitgebreider is dan miskien in die begin verwag is. Hier word gedink aan gevalle soos: / Elsie kan nie kom nie — tenminste vandag nie / Annie ken al die lewe — meer as genoeg al / Hy is so sterk soos Jan, soos oom Piet se Jan //. Hierdie soort gebeure is kragtig in die volkstaal, soos herhaaldelik ter plaatse aangedui is. Vergelyk nog hierby sinne waar die tgd deur temporale partikels oor die belangende opeenvolgende sinne (sinsdele) sterk uitgebring word: / Toen hy ge faar sün flug hy toen in so'n klyne gatji waarin gen ander fo'el kon kruip ni — Dire Storiis, p. 7 / Papegaai luister toen 'n slaggi. Hy sê toen sulke snaakse dinge dat die fo'els almal uitbars fan di lag, tot selfs ou sedige Aasfo'el moes toen uitbars — dies. bis. 9 / As al syn fere afgepluk is, dan is hy ni feul groter ni as 'n duiwe

Sluiten