Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

die konventionelle und die abwdchende Stellung der Negation vorkommen; so sagte G. einmal: günther auch a nich machen, hilde auch nich a machen, vatet auch a machen nein nein" (ald., bis. 204).

Ons beskou so graag die konvensionele sintaktiese vorm as die natuurlike en normale — maar is dit werklik altoos so waar ?

Om op te som :

Aan die deskriptiewe kant is nie2 vandag te verstaan as die voltooiing van die ontkenning, en terselfdertyd as die heksluiter van die eenheid, d.i. die partikel wat die ontkenningsgroep p s i g o 1 o g i e s-r i t m i e s afrond. (Vgl die ooreenstemmende gebruik in die Ewetaal).

Aan die histories-wordende kant is daar 'n strewe opgemerk om ook alle uitbreidinge wat afhanklik isvan die ontkende kern, deur die eenheidsluitende nie2 in die eenheid te bring.

Dit, en ander oorwegings aangaande die geskiedkundige verloop die verskyning en die aard van die partikelvertweevoudiging in verwante gebiede van die taalterrein, gee aanleiding om die genesis van die me-me-verskynsel te soek in die omstandigheid dat nie2 aanvanklik kort op nier gevolg het, en wel veral ter afsluiting van die (spesiale of nexale) o n t k e n n in g s g r o e p. Die besondere b ehoefte wat sy uiting vind in die modaliteit word ook in die Nederlandse volkstaal gevoel, of kan gevoel word. Die behoefte blyk duidelik as onthou word wat die ontkenning in 'n sin eintlik wil.

In hierdie . uiteensetting het ek probeer om meer helderheid in die wese van die verskynsel te verkry; dikwels kon bepaalde aspekte in hulle volle draagwydte bestudeer word. maar dikwels het ons op sommige vrae geen afdoende antwoord kon verkry nie. om die aard daarvan eensdeels, maar partykeer ook weëns gebrek aan genoegsame bearbeiding van sekere gebiede waar ons steun wou soek. Tog meen ek dat ons geregvêrdig is om te beweer dat die ontkenning in Afrikaans nie so raar is as hy lyk nie, dat hy sy geheim verklap as hy histories b'ekyk

Sluiten