Tekst
Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

HOE BANG ’N VROUWMENS VER ’N MUIS IS.

Een winteraand sit ik net bij die kachel, waar n lekker vuur in brand, om ’n bietje te sluimer en te droom van die ou goeie tije wat voorbij is, en die wat proteksie nou ver ons kon breng; toe ik met eens ’n geweldige skree hoor. Ik skrik mij half naar en dit het nie ’n trippens1) geskeel nie of ik was binne in die vuur. Want jullie weet mos2), hoe n mens kan slenk als hij net wil aan die slaap raak en iets maak slaelik ’n geraas so’s ’n leeuw wat brul.

Dit was die stem van Sannie, mij ou’ vrouw, en ik hoor toesomer aan haar tweede skree, dat zij in die grootste nood en gevaar verkeer.

Ik hardloop toe reguit na die kombuis toe en kon mij eige oge nie glo nie, want mij ou’ vrouw — wat altijd klaag, dat zij oud en siekelik is en swak daarbij — staan bo op die kombuisstoel se leuning, met ’n sop-lepel, wat sij in al die rigtings swaai, en skree: „help”, goed ’n twintig keer, en so hard, dat dit— wel baje ver kon gehoor geword het. Ik was so verbaas, dat ik stokstijf staan, maar eindelijk kom ik so ver om haar te vra of sij mal was, en wat haar mekeer.

Met ’n béwende stem antwoord sij mij: „Mij aarde3), Gert, hier het ’n ijslike — daar ’s hij Gert, help! Die muis! Maak hom dood! Vermoor hom!’

Was dit nie dat mij ou’ vrouw so ernstig was nie, dan sou ik gelag het. Ik kijk in die rigting war zij met die soplepel wijs — en ja regtig — daar hardloop die kleine muisie langs die muur. Maar hij was so klein en onskuldig, dat ik mij verwonder het, hoe-kom4) mij ou’ vrouw ver die dingetje so bang was.

Al die vrouwmense is mos maar bang ver muise. Maar hoe-kom is hulle? Die goedjes is zo hef en klem, dat dit ver mij snaaks is. Mansmense — o, ’n man is nie die minste bang ver n muis nie. Nou ja, laat ik weer met mij storie aangaan.

l) Three-pence, drie-stuiverstukje. *) Immers. *) Uitroep van verwondering of schrik vgl. Mijn Hemel. 4) Waarom.

Rijpma, Jonge Kracht. I. 22

Sluiten