is toegevoegd aan uw favorieten.

De invloed van het Christendom op de Romeinsche wetgeving ten opzichte van de zorg voor het kind

Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

3

Plutarch: Lycurg. tom. Il, 15, 11, p. 58.

t Aristoteles: de Republ. 7, 116, tom. 2, I p. 1335.

Plato: de Republ. 5, 8. tom. 1, p. 334.

Ibid. 5. 9, tom. 1, p. 334.

Plato: Theai tetos, 151, c. p. 74, A.

Apuleius: Metamorph. lib. 10 23, p. 196.

nie, tog kry ons enkele klare gevalle by historiesie, as ook sekere aanduidinge by die wysgere. Wat die eigenlike wetgewers betref, wil ons die sekerste van hulle opnoem.

Volgens Plutarchus, sou Lykurchus in Sparta omtrent die jaar 800 voor Kristus die vader alle mag oor sy kind ontsê het, die staat alleen had mag oor hom; die staat wou alleen van die beste, kragtigste manne gedien wees. Daarom werd so 'n kindjie kort na sy geboorte voor 'n raad van oue manne gebring om deur hulle ondersog te word; was hy gesond en sterk van liggaam dan werd hy goedgekeur; was hy swak of vermink, dan werd hy geneem naar 'n steile berg Apothetae 'ndeel van die Taygetus, en daar gelaat om van honger of deur verskeurende diere te sterf.

Hierdie handelwyse word deur Aristoteles goedgekeur, en hy wil dat dit in sy ideale staat sal bestaan, opdat geen verminkte of swakke daarin sal opgroei nie.

Eweëens leer Plato. In die geval van honde, perde en dergelike, sê hy, teel mens alleen van die beste om so die beste ras te kry; die sleggeteelde word weggedaan, uitgeroei; en net so moet dit ook in die geval van kinders wees. Dog naar sy gevoelens word hierdie reël versuim, en hy meen dat dit jammer is, want hierdeur word ook swakke en siekelike kinders grootgebring, en dit verhinder die menseras om tot volmaking te kom. Daarom raai hy aan dat die staat die kinders van sterke, gesonde ouers moet neem en in 'n opvoedingsgestig moet plaas om daar deur verpleegsters opgevoed te word, in een of ander afgesonderde deel van die stad, sodat die ouers, en veral die moeders nie hulle kan sien of besoek nie. Die kroos van ondeugdelike, siekelike mense, of kinders wat gebrekkig gebore is, moet hulle op 'n geheime en afgesonderde plek verberg om daar te sterf. En dit skyn, volgens Plato se eie verklaring, dat hierdie gewoonte algemeen was; en dit nie alleen in Athene en in die omgewing nie, maar in die ganse Griekeland. Ook latere skrywers as Posidippus meld hiervan. Thebe alleen maak 'n prysenswaardige uitsondering op hierdie reël.