is toegevoegd aan uw favorieten.

De invloed van het Christendom op de Romeinsche wetgeving ten opzichte van de zorg voor het kind

Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

8

Origen: contra Celsum, lib. 3, 45.

ste martelaarskap. Die kind is 'n menslike wese, het 'n persoonlikheid presies soos 'n volwassene, en is net so dierbaar in die oog van God as hy. Meer nog, soos met 'n volwassene, so ook staan daar vir die kind net één van twee te wag: met God te leef en te sterf en also die ewige geluksaligheid te beërf, of aan die ander kant, sonder God hier te leef en Hora hierna ook te moet ontbeer.

Dit was die bedoeling van die eerste kristenpredikers om veral die oneindige waarde van dit kindersiel voor God vir die mense te laat verstaan; dit het hulle gedaan deur woord en geskrif en barmhartigheidswerk; en hoewel hulle aan' die begin die oorgrote meerderheid teen hulle had, het hulle volhard om die publieke opienie te vorm naar hulle beskouing.

Hierin het die stoïsynse leer hulle ook al te hulp gekom; maar oor die algemeen was dit tog maar steeds nuwe grond wat hulle moes braak, grond begroei met allerlei vooroordele en verkeerde opvatting.

Maar juis in hulle volharding hierin het hulle getoon dat dit hulle erns was en dat hulle dit by die regte eind had; 'n kristelike godsdiens waar met die kind nie rekening gehou word nie, is nie die egte nie. Wat Celsus hulle tot skande wou dui, n.1. dat hulle ingang soek te kry by die kinders en die vroue en die ongeletterdes vir hulle leer omtrent die liefde van God en die saligheid van die mens — dit was juist hulle roem, en daarin wou hulle volhard. En dit was nie vergeefs nie. Hoe meer die kristelike kerk hom uitbrei, hoe meer ook werd die kristelike beskouing van die kind bekend en gewaardeer, en hoe sterker ook die publieke opienie ten gunste hiervan.

Die direkte inwerking op die romeinse wetgewing moes egter nog lang uitbly, veral solang die kerk nog vervolg werd en haar leer afgekeur en teengewerk werd. Dis wel moontlik dat op indirekte wys die kerk tog bygedra het tot die humane wetgewing van keiser Alexander en andere, as mens in ag neem dat reeds onder Domitianus (81—96) die kristendom deurgedring het tot die konsulêre stand, b.v. Flavius Clemens en Flavia Domitilla; dat hierdie invloed duideliker te bespeur