is toegevoegd aan uw favorieten.

Die kollegiale kerkreg

Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

103

Uit hierdie beskouing volg o. a. drieërlei wanbegrip: a. die' kerkbegrip self word verdraai. Tereg spreek Seeberg van die „Umdeutung" van die kerkbegrip in die i8de eeu.

Verskil in opvatting van die Christendom en ook van die Religie lei tot verskil van kerkbegrip. Dit skijn of die kerkbegrip, reeds van die vroegste tije af, gekonsentreer werd om die begrippe onsigbaar en sigbaar-1). By Hermas reeds vind ons idee en verskijning van die Kerk wat nie ooreenstem nie. Ignatius le nadruk op die plaaslike gemeente als èxKteo-ix, maar beskou O. T. gelowiges nie als behorende direk tot die Kerk. Theophilus strek die Kerk uit tot alger wat „dem Logos gemass" leef, en die gevolg is „dass durch dieselbe die Kirche wie das Christentum principiell entwertet werden" 2). Tog is by die meeste apologete, ten spijte van eensijdigheid van opvatting, die Kerk (sigbaar) die vergadering van gelowiges — die . „Gemeinde der Glaübigen". Bij Origines kom die onderskeid tussen idee en verschijning van die Kerk al skerper uit en die laaste dek die eerste nie — dis die ware en valse Kerk (maar al twee nog sigbaar). Bij Cyprianus kom skeiding tussen klerus en leke en die ware Kerk (sigbaar) is die klerus. Hier is dan ook die oorsprong van die roomse kerkbegrip van die M. E., waar die Kerk eintlik alleen sigbaar is.

x) Sie Seeberg: Der Begriff der christlichen Kirche en Bavinck: Geref. Dogm. IV.

2) Seeberg a. w. bl. 15.