Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

8

die egskeiding.

Wetleer. Wat het hij dan gedoen?

Karlina.

(Vol vuur). Gedoen, vra meneer!?... Hij is in staat om die laaste vrouw in ons land te vermoor en misskien nog op te eet daarbij!

Wetleer.

Wil jij dan so goed wees om ons te vertel wat daar gebeur het?

Karlina.

(Als bo). Ek moet die hemel dank, dat ek vandag nie so fijn als snuif is, nie uitmekaar geskeur, aan stukkies gesnij als 'n soesoetie, en misskien nog tot as verbrand is nie, om mij lijk uit die pad te krij!

Wetleer. Nou ja, vertel ons dan!

Karlina.

Die semelbroek daar wil mij maar net uit die pad hê, hij tempteer- mij op al moontlike maniere. Eergister het ek hom weer goed die kop gewas, en die waarheid vir hom gesê, soos seker sij grootmoeder dit nog nooit gedoen het nie; ek het vir hom gesê dat hij die grootste luiaard is, véél groter als al die miere van vader Salomo, dat hij die grootste domkop is, wat nog ooit op vier bene gekruip het,

Sluiten