Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

togs-wandalismes, van die hopeloosheid van die stryd. v-aft die gerugte van konsentrasie-kampe. Maar as gedurende die tydperk van guerilla-oorlog 'n verdwaalde burger skuiling gesoek het, het die goeie moeders hom eers vertroetel met hul skaarse kos, die laatste druppeltjies nuus uit hom uitgetap, en dan teruggestuur na die -kommando's met die versekering dat die vrouens van geen nederlaag wou hoor nie.

En toe die onyergeetlike dag, toe die Khakies gekom het op die plaas. Die afskeid van huis en haard, gesellig gemaak met hul eie hande, en omsweef met 'n intense ëiendoms-gevoel, wat gebore word as 'n mens deur bloed en trane leer heg aan 'n plek.

Japie was te jong om alles goed te verstaan. Hy 't alleen vae onrus gevoel, gesuggereer deur die sjnartgelynde gesigte, en gesmoorde trane. Die onhigiënieSè toestande van die kamp in Turffontein, waar tal van iarnielies saamgehok geword het in lang togtige vertrekke, beskerm teen die bytende hoëveld winter deur gegolfde sink plate en ontoereikende klakie komberse. en bo alles die slegte kos, het nog meer saamgewerk om sieklike Japie se groeikrag te ondermyn ...

Eindelik het die vrede aangebreek. Stil het die famielies uitmekaar gegaan na hul plase toe, met hul goedjies, en met wat die Here nog van hul kinders gespaar het. Stille moeders wat gevoel het die knyp van honger en die leed van kinderdood, 'n Sombere roudraende heldinnegroep, met gesigte waarin smart lyne gegrif;het, maar met geeste nog onoorwin, en 'n wil wat nog sou ploeter deur die donkere tye wat voorlê, om op te bou wat die oorlog vernietig het.

Japie se pa het gesneuwel in die beleg van Ladystttiflk en hy het saam met tant Sarie se famielie na Rietfontéin, 'n plaas grensend aan Zeekoehoek, getrek. Toe hul weer bij die ou opstal gekom het, het hul dae plaas amper «ie herken nie. Dife;ihuis het soos 'n murasie gelyk,;<waar

8

Sluiten