is toegevoegd aan uw favorieten.

Die sosiale roeping van ons kerk

Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

72

Maar ook ontstaan daar gasthuise waar 'n blywend oponthoud toegestaan word, waar vry woning verskaf word, vir die oude van dae. Sommige gasthuise rig op ook aparte woninge vir oude lede.

Later, toe dit gebruikelik word om aan die inrigtinge gawe te vermaak, word ook voedsel aan die reisigers verskaf. Die heilige wat als patroon van die gestig geld, word ieder jaar herdenk. By die geleentheid word die mis gevier gem volg deur 'n vrolike dinee.

Sulke gasthuise word later dikwils in stand gehou deur leke-broederskappe. Die onkoste word gedek deur skenkinge, deur bedeltogte deur die broeders onderneem en selfs deur aflate wat die biskop hul toelaat om te verkoop. *)

Maar kenmerkend van die middeleeuse liefdadigheidbetoon is veral die klooster. Dit word die middelpunt van die mees uitgebreide en georganiseerde gasvryheid en liefdadigheid. Die kloosters is ingerig om reisigers en arme van alle klasse te ontvang. Geestelike en leke, ryke en arme, pelgrims, handelaars, goeie en slegte, ook vroue en kinders word daar ontvang. Die aansienlike en die geestelike word gehuisves in 'n gebou daarvoor bepaal, terwyl vir die arme daar 'n «hospitale pauperum» of Eleemosynaria is. Dit is die plig van die «custos hospitii» om vreemdelinge vriendelik te ontvang, terwyl die «cellerarius» moet sorg dat die gaste aan niks ontbreek nie.

In die «hospitale pauperum» word, behalwe die daagliks aankomende arme en kranke, 'n aantal (hoogstens 12) van noodlydende 'n voortdurende verblyf toegestaan. Die eleemosynarius of hospitalarius word volgens die ordening van die klooster voorgeskrywe hoe almal moet versorg word. Nie

1) Be Gids (1901) ib. p. 429, 440 3.

Uhlhorn, II p. 281 3.

J. G. de Hoop Scheffer, Liefdadigheids Gestichten in de M. E., De Gids 1884 p. 476—9.