Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

"Ek vrij lank na jou dogter, oom Jacob Fouree",

Is die antwoord van jonge en dapper Dupree"Ek vrij lank na jou dogter, jij wou dit nie hê;

Maar die liefde brand diep, dit kan ek jou sê;

Ek kom nie om te veg nie waaróm sou ek strij ?

Bij ons is daar meisies veel mooier as sij,

Ek kom ver die laatste — so jij dit wil skenk,

Ek kom om te dans, en 'n glasie te drink.

Die bruid kus die glas; Dupree neem dit weer;

Hij drink haar geluk en toe smijt hij dit neer;

Sij begos al te bloos; sij sug al hoe meer;

Met ted're ogies siet sij op hem neer.

Hij nam haar saf hand vóór haar moeder kon praat:

"Kom, laat ons nou dans, want ver mij word dit laat".

Hij was mooi van postuur; sij was mooi van gesig, Elk oog werd, in liefde, op die twee gerig;

Haar moeder was kwaad, haar vader was boos,

En die bruidegom staat daar, ag! heel sonder troos, Die strooimeisies fluister: „'t was beter veeleer, Had Dupree haar gekrege, die knappe jongheer".

Hij drukte haar hand; hij fluisterde iets;

Hij dans na die deur; maar niemand merk iets;

Met eens sprong hij uit — sij pêrd stond gereed —

Die meisie is meê, en, o! wat 'n leed!

Die kind van fatsoenlik Oom Jacob Fouree

Is weg in die donker met dapper Dupree.

Die Vorsters en Kriels, Van Heerdens en Greefs, Dit dreun so's hul ja'; maar al's te vergeefs:

Gên pêrd hoor hul' meer; hij is vèr al miskien;

Die nag is so donker; gên ding kan sul sien;

Mar so rat en so dapper — ek wou wel wat geê,

Weêr 'n jonkman te sien so's di jonge Dupree!

Sluiten