Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

Die Dokter rij hom mijle vér, Ja, dat die stof so staan;

Maar 'k sê jou: nimmer of te nooit Hoef hij die pêrd te slaan.

Wel, één dag moes hij na 'n plaas, So as dit dikwils gaat,

'n Dokter word mos uitgeroep, Al is dit vroeg of laat.

Hij 't Windvo'el daadlik opgesaal En na die plek gerij.

So lang as hij daar sit gesels. Moet Windvo'el buite blij.

Wel, dit word laat, en dit word koud. Waar sou die Dokter blij? Ou' Windvo'el, die het ver geloop, Begint al honger krij!

Nou moet jij weet; daar in die land Maak hulle self hul bier,

Of dit nou al goedkoper is, Of sommar ver plesier.

Die plek, waar die vat bier in staan, Het die meid laat ope blij;

Dit duur nie lank nie of Windvo'el Die het die ruik gekrij.

Ou' Windvo'el ruk, Ou' Windvo'el trek Ou' Windvo'el breek hom los;

Hij's in die kamer bij die bier,

Hij suip daar so's 'n os.

Sluiten