Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

Die dag het oom Japie na die dorp toe gekom Met Jan van Fonteintjie en Piet van Keerom;

Hul het toe 'n bietjie gestap na d' hotel,

En 't was toe ver hulle so lekker en wel.

Hulle drink, hulle sing, tot die dag is gedaan. "Kom, Jan," sê oom Japie, "ik is bang ver die maan Hij sal sien. ons is lekker, kom, steek nog 'n dop In donker, dan saai ons die triplaar weer op."

Hulle doet so, — en nou kan jij makkelik raai, Waarom is ou' tante so nukrig en kwaai.

"Kijk, bees," sê sij, "kijk," en hij skrik, as hij sie: Die lang wijser op twaalf en die korte op drie.

Die klok was hom reeds tot 'n anstoot gewees,

Want Japie het baing die wijsers gevrees,

En net as hij thuis kom; dan mot hij dit hoor, Die vrou wil nie gloo' nie, die klok die loop voor. Hij het eens oek die klok an 'n smous wil verruil, Maar die ou' tante vloek hom, die ou' tante huil: "Jou skelm, jou dronklap, verkoop liever mij rok; "Mar nooit krij 'n ander mij ou-raa haar klok.

Die nag het dieselfde ou-storie begin,.

Mar Japie was vaakrig en had niet veel sin Die praatjes te hoor; so hij vat die sambok En geê die ou' tante 'n haal o'er haar kop.

Hij het nie gemeen nie so hard haar te slaan; Hij wou haar mar net 'n klein bietjie vermaan; Mar haar kappie vlieg af en haar oge word groot: Sij geê net een skreê, en ou' tante is dood!

Alle wereld! nou skrik hij, hij loop deur die huis, Ou' Platjie, Aploon hol nou uit die kombuis.

Hulle breng gou die trommel, hij vat sout-tinctuur, Rooi poeier, wit-dulcis, en aambij-mixtuur;

Mar 'thelp niks; ou' tante is dood. Nou hij saai Die ou' triplaar weer op om die landdros te haal. Hij is bang om te vlug en hij's bang om te blij, En hij maak baing planne so lank as hij rij:

Sluiten