Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

Op laas krijg sij gên tijding meer;

Sij wag, mar krij gên brief;

Sij sug en peins: Dalk is hij dood! Of het 'n ander lief!

TWEEDE PART.

Wie sit daar nog so laat alleen

Bij die fontein en treur ?

Sij merk nie, dat dit donker word; Sij hoor nie wat gebeur.

'n Man kom net die paadjie langs

En blij dig bij haar staan,—

Beskou haar eers 'n tijdjie lank,

En toe spreek hij haar aan:

"Goei na'end, Niggi! Wat makeer?

Hoe lijk jij so bedruk ?

Sij skrik, spring op, mar kan nie praat So duur dit nog 'n ruk.

"Mij Pa die is daar bij die huis;

Kom saam met mij, Meneer!" Sij wou toe daadlik huistoe gaan, Mar sug eers nog 'n keer.

"Mar seg mij, wat die skorting is;

Hoe kom dan so bedroef?" "Ag," seg sij, "nuws van Eduard! Dis al wat ek behoef!"

Hij vraag: "Wie is die Eduard?"

Sij het hom toe vertel,

Hoe sij al jare het gewag,

En hoe dit was gestel.

Hij seg: "Ek kom van Kafferland,

En daar het ek gehoor,

Dat hij daar lank gevange was,

En hul hom wou vermoor.

Sluiten