Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

Die smarte, wat so menigeen Sij lewelank beklaag,

En in sij hart gên Hemel, mar 'n Hel op aarde draag.

II.

'n Noi — ons sal haar naam nie noem Se mar: Fidelia —

Stel ons tot voorbeeld en ons se: Toe vrinde, volg haar na!

Haar vader was 'n arme boer; Had skaars sij daagliks brood;

Sij plasie lewer nie veul op.

Dit was nie al te groot.

En dan was dit nog onbetaal:

Die rente druk hom swaar;

Die wereld noem die brawe man 'n Arme sukkelaar.

'n Brawe man, ja, dit was hij:

Stip eerlik en opreg,

En, skoon die wereld hom nie ag, Maak armoed tog nie sleg.

Hij, het sij ewemens nog nooit ln iets te kort gedaan;

Sij skuld betaal hij op sij tijd,

Hoe 't ook met hom mag gaan.

Sij kinders het hij goed laat leer, Ofskoon hij menigmaal

Alleen en baing hard moes werk Om skoolgeld te betaal.

Hij het ver hul altijd gesê:

"Tul moet toe vlijtig leer:

Want geld of goed sal jul nooit erf — En, kinders, vrees die Heer!

Sluiten