Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

III.

Fidelia, sij dogter, was

('n Elk moes dit belij)

So knap en vlijtig in die skool,

As jij raar weinig krij.

Sij het haar skooltijd wel bestee,

Veel kennis opgedaan.

Partij sê: "Was sij net mar rijk, Dan sou dit nog kan gaan."

Mar armoed is 'n snaakse ding.

Dit ondervin sij gou;

Want, toe sij groot word, moet sij sien, Hoe al haar maters trou.

Die jonkmans rij haar huis verbij

En maak nie veul van haar.

En waar s'op fees of bruilof kom, Het sij dit goed gewaar.

Sij het daar weinig om gegé,

Tevrede in haar stand.

Haar hartjie, rein en kuis en vroom, Dit was haar eenig pand.

Haar moeder help sij in die huis,

Verdien nog menig pond.

Wat vaders rente help betaal, Met handwerk in die rond.

En brood der luiheid eet sij nooit,

Mar werk met lust en vlijt;

Raak, om haar pa en ma te help, Oek menig slaapuur kwijt.

En sou die Heer haar dan vergeet?

Sou Hij haar nie beloon?

O, nee, mij vrinde, luister mar;

Dit sal ek julle toon.

Sluiten