Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

Mar wat is dit wat daar so blink, Daar voor haar in die sand?

Sij buk en sê: "die klippie lijk Nou net's 'n diamant!"

"Was dit mar waar," so sê sij weer En steek dit in haar sak,

En loop toe haastig na die huis; Sij weet, haar ma moet bak.

"Mij kind, waar was jij al so vroeg? Die suurdeeg is al goed!"

Sij gooi die meel toe in die bak En knee met frisse moed.

Want moeder word al oud en swak, En broodknee val haar swaar;

Fidelia was jong en sterk En maak dit net nou klaar.

"Kijk," sê sij, Mamma, kijk tog hier, Dit krij ek in die sand."

Sij wijs die wit blink klippie toe Wat lijk nes diamant.

"As dit 'n diamant moet wees, Dan was ons somar rijk.

Ek sal dit berg tot Papa kom,

Dat hij dit ook kan kijk."

Sluiten