Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

VII.

Die stampkar word nou ingespan.

Die pêrde trek mar swaar:

Die pad was hier en daar verspoel, Die diere was mar ma'er.

En na 'n uurtjie of wat meer

Toe kom hij bij die huis.

Gelukkig het hij dit getref:

Neef Jan, die was net tuis.

"Wel, oom, hoe gaat dit nog met jou?

Is jou familie wel?" —

Ja, dankie, neef, hoe gaat dit hier?" Mar laat ek jou vertel.

Waarom ek bij jou vas kom maak;

Mar moet nie met mij spot!

Ik kom 'n klippie ver jou wijs,

Al lijk dit bietjie sot.

Die klippie het Fidelia

Van morre opgetil.

Lijk dit nie bra na diamant?

Mar moet nie met mij jil."

Jan vat dit en hij draai dit rond,

Hij leg dit op sij hand,

Hij spring en sê: "geluk, mij oom! Dit is 'n diamant!

"So fraai het ek, mij liewe oom,

Mij lewe nooit gesien.

Nou hoef jij nie meer hard te werk, Jou kos nie te verdien.

"Jou armoed is met eenkeer uit:

Jij 's nou 'n rijke man;

Ik wed, dat jij vijf duizend pond Of meer nog krijge kan."

Sluiten