Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

Di 's hare, en dit kom haar toe, Want sij het dit gevind."

Hij het dit op haar naam geplaas;

Hij laat dit in die Bank : "Nou kan sij van haar rente leer, Haar ganse lewe lank."

X.

Fidelia was nou so rijk!

Die nuws was gou-gou rond,

En die wat skaars ver haar wou groet, Denk: „hoor! agduisend pond!"

Nes vliege bij 'n suikerpot Kom nou die vrijers an;

Jij siet daar an die bome 'sa'ns 'n Mag van pêrde staan.

Die grond is glad al stuk gegraaf, So's al die hengste trap;

Die kerels vind dit nou eers uit: Fidelio is so knap!

Die ouers krij oek elke dag Van alle kant besoek;

Die karre en die wagens kom Nou net uit elke hoek.

En tanta en oom sê meer dan eens: "Ons het dit nooit geweet,

Dat ons nog soveul vrinde had Wat ons glad had vergeet!"

Net één het nie meer daar gekom: Di's Hendrik van Oom Piet.

"Sij is nou rijk," sê hij en sug, "Ek kom nou net ver niet.

11

Sluiten