is toegevoegd aan je favorieten.

Twee en sestig uitgesogte Afrikaanse gedigte

Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

En een — twee — drie, word toe verteld:

Die storie was 'n klug.

Die vrijers blij toe so mar weg,

So dra krij hul die lug.

En na 'n week was daar gên een,

Wat meer na haar kom kijk.

"Sij is mar arm," so praat hul weer, "Ons dag, sij was so rijk!"

XII.

Toe almaal was teleurgestel,

Was één tog, o, so blij!

Die avend rij hij na haar toe.

Nou raai tog, wie was hij?

Di's Hendrik, ja, hij was verheug.

Dit was dan tog nie waar!

Hij had al lank om haar getreur;

Hij was so lank al naar.

"Goei' na'end! en waar kom jij van daan?

Jij was so lank nie hier!"

Sê sij, toe Hendrik binne kom,

"Waar het jij dan geswier?

"Ek? nergens, ek was altijd tuis

En het an jou gedenk,

En oek wie tog jou man sal word,

Wie 't jij jou hand sou skenk.

"Ek dag, wat sal ek hier kom maak?

Ek hoor, jij was so rijk;

Jou huis was aldag opgevul Met vrijers wat kom kijk.

"Ek hoor, ons predikant se seun

En dokter was oek hier;

Een prokureur, twee Engelsmans,

En nog 'n stuk of vier.