Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

Dan seg sij: "Papa sing dan weer Van Mimi en haar lam!"

Dan wil sij na die ganse kijk Bij ouma op die dam.

Dan kraai sij nes die haantjie kraai, Dan mau sij nes die kat,

Dan maak sij, boe, boe, nes die os; Van alles weet sij wat.

So gaat dit van die oggend af Tot aan die avend laat;

Die hele dag so onvermoeid,

Totdat sij slape gaat.

Dan gee sij pa en ma 'n soen,

Wens almal goeie nag.

Deur Onse Liewe Heer bewaak, Slaap sij dan soet en sag.

Sij is die vreugde van die huis, 'n Gawe van die Heer;

O, mog tant' Katie haar tog vroeg, Tog vroeg van Jesus leer!

Sluiten