Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

59-

DIE WALVIS EN DIE TIMMERMAN.

Die son die skijn daar op die see,

Hij skijn met al sij krag,

Hij doet sij beste om te maak

Die branders glad en sag;

En dit was snaaks; want jij moet weet,

Dit was al middernag.

Die maan die was 'n bietjie nors, Omdat die son daar blij',

Hij had gên reg om daar te wees: Die dag was al voorbij.

"Om ons plesier so te bederf Is sleg van hom", seg sij.

Die see was nat as nat kan wees, Die sand so droog as droog:

Jij kon gên wolke sien, omdat Daar was gên wolk omhoog; Gên vogels vloog daar o'er jou kop. Omdat gên vo'el daar vloog.

Die Walvis en die Timmerman Die loop daar langs die strand; Hul' huil geweldig, toe hul' siet Daar was so banje sand.

"As mens dit net mar weg kon werk, Dan kom die ding tot stand".

Sluiten