is toegevoegd aan uw favorieten.

Dichters uit Zuid-Afrika

Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

DIE BRAND.

Dit is die winterwind wat waai, al wenend deur die lange nag, al wenend om die verre dag; die twijge swenk, die takke swaai, dit is die winterwind wat waai.

Hij sleep die sug van eeuwe mee uit dieptes van die diepe see, en waar vergane skepe rus op menig maan-gebleekte kus; hij sing van lang vergete wee, — hij breng die sug van eeuwe mee.

Hij kom oor velde ver en wijd oor grafte in hul eensaamheid,

waar moeders van hul sorge rus, waar kindersnikkies is gesus; — dit is die lied van d'eensaamheid, hij kom oor velde ver en wijd.

'Mij ma, ik hoor van verre om 'n dreuning oor die velde kom!'

"Dit is die bome in die wind, "die wilge-takke kreun, mij kind."

,Mij ma, ik hoor mij brakkie huil, 'wat sou daar kruip, wat sou daar skuil ? "Mij kind, die nag is koud en lang, "die diertjie is alleen en bang."