is toegevoegd aan uw favorieten.

Dichters uit Zuid-Afrika

Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

Ook het die loop van jare, die wonde weggewis —

net een plek blij 'n teken, wat onuitwisbaar is.

Die wonde word gesond weer als jare kom en gaan,

maar daardie merk word groter en groei maar aldeur aan.

DIE OS.

Hoe rustig stap hij aan die edel jukgediert! hoe waggel hij die kop met horings swaar gesierd en stewig ingestrop!

Hoe rustig stap hij aan so sonder tuiggetooi, met matte dowwe plof;

sijn vel trek plooi op plooi rondom die breë skof.

So stap hij rustig aan vol kalme majesteit en ongesmukte prag — beeld van stilswijendheid èn selfbewuste krag.