is toegevoegd aan uw favorieten.

Dichters uit Zuid-Afrika

Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

„Yang die slagos uit die trop,

lewend vlek sijn skoudertop,

snij dit, ha! in touwtjies op;

laat dit swaaie

„langsaam in die bittre rook,

bijt 'n stuk af van die strook — drink die bitter asstof ook

en wees manne!

„Wag jul more vir die lis wat die krag van witman is;

laat jul van jul erfenis

nie verbanne.

„Ons was hier al van begin,

en die witman sal nie win;

eenmaal gaan sijn tijd weer in

van verdwijne;

„eenmaal drijf ons nul weer weg! Ha! die land word skoon geveg, en die kaffer sal sijn reg

sien verskijne.

„Eet en drink nou mond tot mond, dans en spring nou in die rond, tot die maan raak aan die grond

met haar sterre!" * * *

So verklink sijn oorlogswoord; danse, brulle word gehoord; ja, 'n volle hei-akkoord

dreun van verre.