is toegevoegd aan uw favorieten.

Dichters uit Zuid-Afrika

Onderstaande tekst is niet 100% betrouwbaar

DIT IS NAG.

Dit is nag, stille nag,

en 'n moeder hou wag,

waar 'n kindeke teer leg te sterf —

net 'n flouw-flouwe sug

in die ruim-ruime lug

en 'n sieltjie het weggeswerf.

En agter die huis

vlieg met woeste gedruis

die snorkende spoortrein verbij;

en die nag die dreun

van sijn wilde gesteun,

soos hij voort op die ijsters glij.

O die tedere krac

o

van 'n kind, wat so sag

en so stil weer die wereld ontstijg ;

O die moeder alleen

in haar eensaam geween,

als die nag op haar smeekstem swijg!

O die woeste geweld van die trein oor die veld,

waar die moeder allenig treur; die hemel en aard weergalm van sijn vaart,

wat die wereld in tweeë skeur.